Redakteurs ongeroerd oor Nkandla-foto’s

Zuma-Nkandla-550Die media sal voortgaan om foto’s van president Jacob Zuma se Nkandla-woning in KwaZulu-Natal te publiseer, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) gesê.

“Ons sal voortgaan om foto’s te publiseer…want ons glo dit is in openbare belang om dit te doen,” het in Sanef in ‘n verklaring gesê. Siyabonga Cwele, minister van staatsveiligheid, het Donderdag die media gewaarsku en gesê dit is onwettig om foto’s van Nkandla te publiseer.

Hy het gesê dit is ʼn oortreding van die Wet op Nasionale Sleutelpunte en sal nie in enige demokrasie geduld word nie. Sanef sê die doel van die wet is om te verhoed dat nasionale sleutelpunte se veiligheidsmaatreëls aan die lig kom.

“In die geval blyk dit dat die ministers ongelukkig veiligheidswette gebruik om te verhoed dat hulle verantwoording hoef te doen aan die publiek oor die opgraderings aan Nkandla.” Sanef sê die media se doel is nie om Zuma se veiligheid te ondermyn deur die foto’s te publiseer nie.

Lees ook:
“Geen foto’s van Nkandla nie”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Genade ons hoe ver gaan die ANC nog gaan om die bedrog by Nkandla toe te smeer? As daar nie foto’s gepubliseer mag word van Nkankla nie (wat terloops met belastingbetalers geld gebou is wat gesteel is want dit is Zuma se private woning) wat dan van ander sleutelpunte soos die Unigeboue, O.R. Tambo-lughawe, Waterkloof-lugmagbasis en al die ander sleutelpunte in die land? Mag daar dan met ander woorde in die toekoms ook nie van die plekke, en dit sluit ook die parlement in, foto’s gepubliseer word nie. Kan die regering nie maar ophou om hulself belaglig te maak in die wereld nie? Ons is behoorlik die “laughing stock of the world”

Rondom Lelik ·

Die Minister van Polisie, Nathi Mthethwa sê dit is ‘n veiligheidsrisiko om die land se nasionale sleutelpunte bekend te maak.
Nou hoe weet mens wat jy mag en nie mag afneem nie?
Is die nie maar nog ‘n truuk om nie die ondersoek na president Jacob Zuma se Nkandla-woning bekend te maak nie?

Conrad ·

Wys asb, wys alles, sodat die mense kan sien waar gaan hulle geld heen. Hou so vol!

Henk celliers ·

Moet asb.nie geboelie word nie,hang al die skelm streke aan die groot klok,”Alles wat in die duister gedoen word,sal aan die lig kom”gaan so voort

Deana ·

Op die oog af lyk die plekkie nogal spoggerig, wanneer word ek bedank vir my mildelike bydrae?

Sarie ·

hy bly in sy spog dorpie,terwyl daar soveel hongersnood in di land is,hulle etes bestaan beslis nie uit pap en vleis nie.

Paul Smith ·

Zuma is dan nooit eers in die land nie, watter veiligheidsmaatreëls is dan nodig om hom in sy woning te beskerm? Ons sal almal lekker onnosel wees as ons hierdie belaglike storie glo!!

Kobus ·

In sommige ander lande word die presidentswoning oopgestel vir toeriste as besienswaardigheid. Dink aan die withuis en Buckinghampaleis. Nie in Suid-Afrika nie. Verder – hoe durf die regering die media sensor en dreig met arrestasie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.