Reddingspoging ná hond in Groot Gat beland

Die Groot Gat by Kimberley

Die Groot Gat by Kimberley

Reddingspogings is tans aan die gang om ʼn hond, wat glo sowat ʼn week gelede in Kimberley se Groot Gat geval het, te red.

“Die hond het wonderbaarlik oorleef,” het Christo Venter, woordvoerder van ER24, aan Maroela Media gesê. Hy sê dit is nie duidelik hoekom reddingswerkers nou eers in kennis gestel is van die hond se penarie nie.

Die eerste poging om die hond te red het misluk omdat die noodreddingswerkers se toue te kort was. “Die reddingswerkers kon ook nie ankerplek in die los gruis kry nie,” het Venter gesê.

Die reddingspoging is nou na die toeriste-uitsigplatform verskuif. “Die toue is nou lank genoeg en reddingswerkers het Vrydagmiddag begin afsak.” Die reddingswerkers moet glo sowat 200m ver in die gat afsak.

Die hond het vermoedelik dassies in die omgewing gejag voordat hy in die gat geval het. Hy swem nou al in die rondte, maar daar is ʼn klip op die rand van die watergat waar hy kort-kort gaan rus. “Die water is nie giftig nie en het hom waarskynlik aan die lewe gehou,” het Venter gesê.

Niemand weet aan wie die hond behoort nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Elize Mans ·

Nou hoe op aarde,kom die hond in die gat.Dan is dit hoog tyd dat daar n oordentlike heining om die gat gebou word.Wanneer kom n kind daarin die gat.?

Deana ·

Wat die mens nie alles sal doen vir die liefde van ‘n dier nie. Hoop maar die hond sal gered word en die eienaar spoedig opgespoor word.

Eben ·

Sien uit na die opvolg dat die hond gered is ….. Welgedaan Christo Venter en die manne betrokke!

Anita visser ·

Hoop dat die redding ‘n sukses sal wees. Kan daar dan nie ‘n helicopter iemand laat afsak met ‘n tiepe strik om die hond te help nie is dit te gevaarlik of hoe.

ansie ·

My worsie is so paar maande terug oorlede maar huil elke aand my oe uit want ek mis haar. Hoop die eienaar van die hond voel ook so. Eks n groot diereliefhebber. Ek hoop hulle kan gou gou vir woef uithaal.hou al my duime en tone vas

Belinda O'Connor. ·

Is die Hond nog nie gered nie en kan daar nie vir hom kos afgegooi word nie

Dalene ·

Hoe kan j kos afgooi die kos baland in die water en kan ook ni die hond voer ni dan sal hy verdrink ….Dankie tog dat daar iemand soos Kurt om die te betaal om die hond te red

Melanie ·

Ek se hoekom kon hulle ni toue was aan mekaar maak baie styf en iemand af sak die hond was maak en die hond op trek en die tou af gooi vir die mense dat hÿ op kom.

En aan wie se hond die is jy is rerig nie lief vir jou diere nie ander so jy na hulle kyk nie dat hy rond hardloop by die gat nie by joü huis ja ek se net jy moet hom ook lief he soos jou beste friend want dit is hy kyk na jou. En beskerm jou dag en nag

So asb gaan ret die hond

Tanya Homan ·

Ek dink dit is regtig awesome wat Kurt en die reddingspan doen. Dankie vir mense soos julle wat tyd, moeite en geld spandeer om ‘n woef te gaan red. Julle is great! Sterkte vir almal wat betrokke is by die reddingspoging. Wees asb versigtig en hou ons groot asb op hoogte van wat die uitkoms is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.