Rede vir treinbotsing bekend

Argieffoto

Treindienste in Oos-Londen is weer in werking nadat twee treine Donderdagmiddag by die Down-stasie gebots het. Altesaam 29 mense is in die ongeluk beseer nadat ʼn trein agterin ʼn stilstaande trein vasgery het. Die beseerdes is na die ongeluk na verskeie hospitale geneem, maar almal is intussen ontslaan. Veertien treinwaens en twee lokomotiewe is beskadig.

Metrorail het Vrydag in ʼn verklaring gesê ‘n voorlopige ondersoek dui daarop dat ʼn menslike fout die ongeluk veroorsaak het. “Ons ondersoek dui daarop dat ʼn personeellid wat verantwoordelik was om die treine te beheer, ʼn fout gemaak het. ʼn Transnet-treinbeheerbeampte het ʼn trein op ʼn platform toegelaat waarop daar ʼn stilstaande trein met passasiers was,” het Metrorail gesê.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.