Reeds donker wolkie oor nuwe pous

Pous Franciscus.

Die nuwe pous, Franciscus, is skaars verkies of bewerings oor sy verlede word reeds gemaak. ‘n Ondersoekende joernalis uit sy tuisland, Argentinië, beweer dat die nuwe pous, toe nog biskop Jorge Bergoglio, betrokke sou wees by die verdwyning van twee linkse Jesuïete-priesters. Bergoglio was self van die Jesuïete-orde.

Dit dateer uit die era van die militêre junta wat na die mislukte Falklandoorlog aan bewind gekom het en vir grootskaalse menseregteskendings verantwoordelik was. Die bewind wat van 1976 tot 1983 geduur het, staan as “die vuil oorlog” bekend. Talle mense het verdwyn, en verhore vind steeds plaas om diegene wat daarvoor verantwoordelik was, tot verantwoording te roep.

Verskeie biskoppe word daarvan verdink dat hulle aktief met die junta saamgewerk het om van gemeenskaplike vyande, ateïste en kommuniste ontslae te raak. Verskeie Jesuïete het hulle aan die kant van die armes en onderdruktes geskaar.

Die joernalis Horacio Verbistky het in 2005 reeds in sy boek, el Silencio (Swye), oor die vergrype geskryf. In 2007 het die Nederlandse koerant, NRC Handelsblad, harde vrae gevra oor Bergoglio se totale swye toe die geestelike, Cristian Federico von Wernich, weens sy aandeel aan die junta se onderdrukkig tereggestaan het. Verbistky verbind die nuwe pous regstreeks met die verdwyning van die twee Jesuïete.

Hoofbronne:  Center for Research on Globalization,  Trouw, Fox News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ina Chatwind ·

Haai nee, rêrig mense, kan ons nie maar vorentoe kyk en die verlede met rus laat nie. Sodra iemand iets bereik moet daar in sy verlede gekrap word vir skandes. Is dit al wat nuuswaardig is?

Marlene45 ·

As daar geraamtes in jou kas is, gaan hulle begin geraas maak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.