‘Reeksmoordenaar en -verkragter’ in Limpopo vasgetrek

ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy glo talle vroue verkrag en vermoor het, is in Mahwelereng in Limpopo in hegtenis geneem.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê die man is Woensdag in hegtenis geneem nadat DNS-toetse hom positief verbind het met die verkragtings van 12 vroue. Die 42-jarige man word onder meer daarvan verdink dat hy Maria Kandane (25), Precious Mamontlane (13) en Raynette Legotso (21) verkrag en vermoor het. Hy word ook verdink van verskeie ander misdade wat tussen 2002 en 2012 gepleeg is. Sy modus operandi was glo om vroue na ʼn veld te sleep en hulle dan te verkrag. Hy sal na verwagting Maandag in die Mokopane-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Trippie ·

Dis hulle styl, sleep na ‘n bos en verkag. Haatlike gemors.

Ek se weer, die doodstraf is die enigste oplossing.

Dankbaar die drek is uiteindelik aangekeer na al die jare.

Seg Net ·

Trip dit is reg en baie goed dat hy gevang is, ek dink ook hy het meer vroue verkrag. Wat tot kommer is, is dat hy vanaf 2002 daarmee weggekom het. Vir 11 jaar het hy nou maar vroue verkrag en is nie gevang nie? Indien ons polisie bevoeg was moes hulle hom baie jare gelede al gevang het, wat tot baie vroue se redding gewees het. Hierdie is nie die eerste en laaste keer wat sulke gemors dade pleeg en die polisie nie in staat is om misdadigers vas te trek nie. ONBEVOEGDE polisie diens is die oorsaak van die grootste % misdaad in die land en kan nie verskoon word nie.

Trippie ·

Ons kan dit nie weg redeneer nie, die oud SAP was ‘n mag om op trots te wees.

Seg Net ·

Alles wat goed was in die land word ongelukkig nou in die verlede tyd genoem. Tragies.

Ivor ·

Curiosity killed the cat screaming queen …but not this one …

Trippie ·

No Sir
I don’t feel very much like talking
No, neither walking
You wanna know if I can dance.
Yes Sir
I can boogie

Ivor ·

I feel so overboard drama queen …You left me with no dry eye …

Trippie ·

Sensational Queen
Emotional Queen
Screaming Queen
Dancing Queen
Drama Queen

Next ?

Must be the reason why your’e king of your castle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.