‘Reeksmoordenaar en -verkragter’ vas

ʼn Man wat glo verantwoordelik is vir verskeie moorde en verkragtings in die Tongaat-area in KwaZulu-Natal is Sondag in hegtenis geneem.

Zweli Mnisi, woordvoerder van polisieminister Nathi Mthethwa, sê daar is die afgelope paar maande vyf moordsake ondersoek waar vrouens deur ʼn spesifieke verdagte gelok is nadat hy vir hulle werk aangebied het. “Die slagoffers is dan verkrag en vermoor.” Mnisi sê ʼn vrou wat glo die verdagte se medepligtige was is verlede maand in hegtenis geneem. “Tussen Saterdagaand en Sondagoggend het die polisie hul soektog verskerp na Port Elizabeth waar die man in hegtenis geneem is.” Mnisi sê die man word ook met drie ander moorde en verskeie ander verkragtings verbind. Hy sal na verwagting Dinsdag in die Verulam-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.