Reeksmoordenaar in Groblersdal het moontlik weer toegeslaan

Die liggaam van ‘n 2-jarige dogtertjie is op ‘n plaas in Groblersdal in Limpopo opgespoor.

Brig. Hangwani Mulaudzi sê die dogtertjie is verwurg. \Plaaswerkers het Vrydag op haar liggaam afgekom. “Dit lyk of die liggaam vir ‘n week lank reeds daar gelê het, maar niemand het nog ‘n saak van ‘n vermiste persoon aangemeld nie,” het Mulaudzi gesê. ‘n Dameskoen is langs die lykie opgespoor. Polisie vermoed dat die vrou, wat moontlik saam met die kind was, ontvoer is.

“Dit is die tweede lyk op dieselfde plaas. Die liggaam van ‘n onbekende vrou is in April deur die boer opgespoor,” het Mulaudzi gesê.

Ten minste vyf vroue is reeds in die gebied vermoor en die polisie vermoed dat ‘n reeksmoordenaar hier aktief is.
Klik hier om meer oor die ander moorde te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.