Reeksmoordenaar sit lank

tronkhande1-320x191Bulelani Mabhayi, ʼn reeksmoordenaar en verkragter, is Dinsdag 25 keer lewenslange tronkstraf opgelê in die hooggeregshof in Mthatha.

Brig. Marinda Mills, woordvoerder van die polisie, sê Mabhayi (39) het skuldig gepleit op 20 aanklagte van moord, ses van verkragting en 10 van huisroof. Hy is 20 keer lewenslange tronkstraf opgelê vir die moorde, vyf keer lewenslange tronkstraf vir die verkragtings en 100 jaar tronkstraf vir die huisrowe. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word. Mabhanyi het vir vyf jaar ʼn skrikbewind gevoer in dorpies in die Oos-Kaap. Hy het ʼn mes en byl gebruik om sy slagoffers mee dood te maak. Hy is in Augustus verlede jaar deur die polisie vasgetrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Amy ·

Dis g’n tronkstraf nie. Hy is vry!!!. Vry ‘om op ons eerlike en wetsgehoorsame en hardwerkende belastingbetaler te teer.’
Hy gaan seker ook op ons onkostes verder studeer…
O ja, en dan is daar gratis slaapplek en eetplek!!!!

JAVR ·

Lank voor 25 jaar! Sodra dit Mandela se verjaardag of begrafnis of iets is word daar mos maar so klompie vrygelaat sodat die burgers van SA tog nie gerus moet raak as hulle slaap nie!

Willy ·

Dit klink na ‘n goeie uitspraak. Hoop hy vrek in daardie tronk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.