Reeksverkragter gaan lank sit

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Zimbabwiese landdros het ʼn man, wat skuldig bevind is aan 13 aanklagte van verkragting, tot 290 jaar tronkstraf gevonnis. Dit is die langste vonnis wat in die land se geskiedenis opgelê is.

Landdros Simon Rogers Kachembwe het vir Thomas Chirembwe (30) as “erger as ʼn wilde gedierte” beskryf wat uit die samelewing verwyder moet word, het staatsmedia Woensdag berig.

Chirembwe het Dinsdag in die hof skuldig gepleit, maar het die landdros gevra om vrygewig te wees en hom ʼn korter tronkstraf vonnis op te lê.

Sy vonnis is met ʼn groot toejuiging van die man se slagoffers ontvang, terwyl Chirembwe se familie buite die hof gehuil het.

ʼn Minister van Zimbabwe het onlangs voorgestel dat veroordeelde verkragters “chemies gekastreer” moet word deur hulle met ʼn middel in te spuit wat hul testosteroonvlakke en gevolglik ook hul seksdrange verlaag.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.