Reeksverkragter kry tot 17 keer lewenslange tronkstraf

Die man wat bekend geword het as die Avalon-begraafplaasverkragter, is Donderdag in die Suid-Gautengse hooggeregshof tot 17 keer lewenslange tronkstraf  gevonnis.

Luitenant-generaal Nhlanhla Mkwanazi, huidige polisiehoof, het Donderdag sy lof oor die eenheid teen gesins-, kinder- en seksuele geweld (FCS) uitgespreek vir die deeglike werk wat die eenheid gedoen het om te verseker dat Jazzman Pondo Rihotso (31) vir 164.5 jaar gevonnis word.

Rikhotso se modus operandi was om vrouens tussen die ouderdom van 11 en 68, wat afgestorwe geliefdes in die Avalon-begraafplaas besoek het, te verkrag. Hy het homself as ʼn sekuriteitswag voorgedoen en sy slagoffers oor “gevare” in die begraafplaas gewaarsku. Hy sou dan sy slagoffers na ʼn geïsoleerde gebied lok en verkrag. Hy is 7 Oktober 2010 deur konstabel Thuso Clifford Molefe van die FCS vasgetrek.

Hy is skuldig bevind op 19 aanklagtes van verkragting, 11 aanklagtes van ontvoering en 6 aanklagtes van rooftog.

“Dit uitspraak is die eindproduk van harde werk van die ondersoekbeamptes en dissipline van die polisie. Ek is baie trots op hulle. Ek verwelkom ook die uitspraak omdat die polisie misdade teen vroue en kinders baie ernstig opneem. Die uitspraak kan as ʼn afskrikmiddel vir sulke misdade dien,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.