ʼn Man wat daarvan beskuldig dat hy 34 kinders en twee vroue verkrag het, het selfmoord gepleeg, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NPA) gesê.
“Ons het dokumentasie van tronkbeamptes ontvang dat die verdagte nie in die hof sal verskyn nie, omdat hy dood is,” het Phindi Louw, woordvoerder van die NPA, gesê.
Die 42-jarige man sou Donderdag op 122 aanklagte in die Johannesburgse hooggeregshof in die Palm Ridge-landdroshofsitting verskyn het. Dit is nie bekend wanneer hy selfmoord gepleeg het nie.
Die klagtes sluit verkragting, ontvoering, moord, roof, en poging tot moord in aangesien hy sy slagoffers met MIV besmet het.
Die misdade het in 2006 in die Kathorus-gebied plaasgevind.
Hy is in 2011 in hegtenis geneem.
So goed dat nog ‘n krimineel deur sy eie toedoen permanent uit die samelewing verwyder is.
Lafaard! Baie braaf om al hierdie skokkende misdade te pleeg maar te verdomp geelgat om die gevolge van sy dade te dra!
On second thoughts – dit spaar nou die belastingbetalers baie derduisende rande om die ding te voed en medikasie te gee vir sy HIV. Dus eintlik ‘n goeie ding.
EN SO SAL DIE KAF VAN DIE KORING GESKEI WORD – AMEN
Nou wonder ek waar is daardie vrou wat haar verkragter vergewe het. Sjoe daardie tipe gebaar is onselfsugtig wat sy gedoen het, ek sal haar graag vra of sy hierdie man ook vergewe vir wat hy aan 34 ander kinders en 2 vroue gedoen het, dalk was hy ook sagkuns soos in ‘n verhouding. Ek is bly die lafaard het die maklike uitweg gekies en dit spaar die belasting betaler geld. Net ‘n jammerte dit was so maklik vir hom.