‘Reeksverkragter’ van KZN vasgetrek

verkragʼn 40-jarige man is Woensdag in Verulam in hegtenis geneem in verband met vyf verkragtings in die Waterloo-gebied, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.

“Van die voorvalle het reeds in April 2013 plaasgevind,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê.

In sommige van die voorvalle het die man glo die mans gedwing om te kyk hoe hulle meisies verkrag word.

Zwane sê die jongste geval is Dinsdag aangemeld. “ʼn 27-jarige vrou en haar kêrel het gestap toe die man hulle omstreeks 22:15 met ʼn vuurwapen voorgekeer het. Die slagoffer is voor haar kêrel verkrag. ʼn Saak van verkragting is by die Verulam-polisiestasie aanhangig gemaak.”

Zwane sê die man is Woensdagoggend in die gebied opgemerk, die polisie is in kennis gestel en hy is in hegtenis geneem. Hy sal Vrydag in die Verulam-landdroshof verskyn.

In ʼn afsonderlike voorval is ʼn 21-jarige man Woensdag in hegtenis geneem op aanklag van moord en poging tot moord. “Die verdagte het glo die twee slagoffers op 31 Desember naby Osindisweni oorval en altwee met ʼn mes aangeval tydens ʼn argument.” Nkosikhona Zwane (20) is op die toneel oorlede en die tweede slagoffer is na ʼn hospitaal gehaas vir behandeling. Hul vermeende aanvaller sal Vrydag in die Verulam-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

GawieM ·

Dank die Vader dat hy gevang is. Moes net na die eerste een gevang gewees het, maar nou ja ons weet wat in die land aan die gang is.

Ria Maritz ·

Ek mis die dae toe ons kommerloos net ‘n ent kon gaan stap het vir die lekker daarvan. Ons word gedwing om in ons eie tronke te plak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.