Reeksverkragter vasgetrek

‘n Reeksverkragter wat glo aan twee moorde en 29 verkragtings verbind kan word, is Dinsdag vasgetrek.

Brigadier Hangwani Mulaudzi sê die getroude man en pa van 6 kinders is Dinsdagaand in hegtenis geneem toe polisie hom aan bloedvlekke van misdaadtonele verbind het. “Na sewe jaar van intensiewe ondersoek was die polisie oortuig dat hulle ʼn reeks-verkragter wat die inwoners sedert 2005 rondom Seshego intimideer het, vasgetrek het,” het Mulaudzi gesê.

“Bloedvlekke wat in twee afsonderlike misdaadtonele ontdek is, het die verdagte aan die moorde van ʼn 14-jarige meisie en ʼn 72-jarige vrou verbind.” Mulaudzi sê die man se modus operandi was glo om die bewegings van vroue, wat alleen bly, te bestudeer. Hy sou dan glo deur vensters of deure by hul huise inbreek en hulle met ʼn mes of vuurwapen dreig en hulle dan verkrag.

“Forensiese uitslae bevestig dat die monsters van al 29 sake bevestig dat slegs een verdagte met al die sake verbind word.” ʼn Taakspan is toe saamgestel om die man wat vir die reeks verkragtings verantwoordelik is, vas te trek.

Hy sal Donderdag in die landdroshof in Seshego verskyn. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.