Reeksverkragter was glo “verkeerdelik” aangekla

Argieffoto

Die advokaat wat ʼn vermeende reeksverkragter verteenwoordig wat net voor sy hofsaak selfmoord gepleeg het, het gesê sy kliënt is glo verkeerdelik aangekla, berig EWN.

Sifiso Makhubo het homself Woensdagaand by ʼn gevangenis in Johannesburg, wat ook as Sun City bekend staan, met ʼn kombers opgehang. Makhubo sou Donderdag in ʼn hooggeregshofsitting in die Palm Ridge-landdroshof op 122 aanklagte van verkragting, poging tot moord en ontvoering, verskyn.

Die advokaat, Livingstone Nguna, het aan EWN gesê dit is ʼn “jammerte” dat sy kliënt selfmoord gepleeg het, omdat hy glo “optimisties” was oor die hofsaak. “Die kwessie rondom identiteit sou in die hofsaak bespreek word,” het Nguna gesê. “Baie moeite en hulpbronne is gemors.”

Phindi Louw van die nasionale vervolgingsgesag (NPA) het gesê hulle is diep teleurgesteld dat die saak van die rol geskrap is. “Ons hoop dat hierdie een van die sake sal wees waar die hof die behoeftes en eise van die samelewing sal aanspreek,” het sy gesê.

Makhubo is daarvan beskuldig dat hy 34 kinders en twee vroue in 2006 in Kathorus, in die ooste van Johannesburg, verkrag het. Hy is vyf jaar later in hegtenis geneem. Hy is ook van poging tot moord aangekla omdat hy sy slagoffers met MIV besmet het.

Die polisie sal ʼn geregtelike doodsondersoek doen.

Lees ook:
Ondersoek na ‘reeksverkragter’ se selfmoord
‘Reeksverkragter’ pleeg selfmoord
Man wat glo 34 minderjariges verkrag in hof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.