Reën, blitsvloede saai chaos in JHB

Argieffoto

Argieffoto

Swaar reënval en blitsvloede het Vrydagoggend tot verskeie ongelukke in Johannesburg gelei.

Twee mense van Diepsloot is in hul voertuig vasgekeer nadat dit deur vloedwater meegesleur is. Robert Mulaudzi, ʼn woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het gesê nooddienswerkers was Vrydagoggend teen 07:15 nog besig om die twee persone uit die voertuig te probeer red.

Nog drie mense is beseer in ʼn ernstige ongeluk in die noordelike rigting van die M1-snelweg in Strijdompark. Op dieselfde snelweg het afsonderlike ongelukke naby Newtown en Wineburg ook voorgekom.

“Daar is ook ʼn vragmotor wat deur ʼn muur in Douglasdale gery het, maar niemand is gelukkig in dié voorval beseer nie,” het Mulaudzi gesê.

Hy het motoriste gewaarsku dat die kanse vir blitsvloede groot is en dat mense gebiede wat oorstroom is, moet vermy. Hy het gesê motoriste en voetgangers moet waaksaam wees. “Nooddienste is op hoë gereedheid geplaas en ons sal alle laagliggende gebiede monitor.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lizzie ·

Kan die motoriste net hul ligte aanskakel in die reën en vroegtydig besluit in watter baan hulle wil ry dan sal dit al klaar beter gaan in hierdie omstandighede. Ek dink té veel mense kry hul bestuurslisensies te maklik en weet regtig nie hoe die verkeersreels werk nie. Baie motoriste verontagsaam rooi verkeerligte, stopstrate, vierrigting stop stopstrateen baie mee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.