Reënweer veroorsaak chaos op M1

Foto: @Pieterjss/Twitter

Foto: @Pieterjss/Twitter

Vyf motors en vier busse was Sondag in ʼn botsing op die M1 in Killarney, Johannesburg betrokke.

Volgens ER24 was daar aanvanklik twee motors in ʼn botsing betrokke weens die reënweer. Paramedici het die insittendes van die motors van die ongelukstoneel verwyder waarna nog ʼn motor en ʼn bus teen die ander twee motors gebots het. Nog drie busse en twee motors was kort hierna by die botsing betrokke. Tien mense is op die toneel vir geringe beserings behandel voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gideon Erasmus ·

Dit is nie die reënweer se skuld nie, daagliks vind onnodige ongelukke plaas. Lê die rede van ongelukke voor die feit dat die bestuurders nie behoorlik kan bestuur nie.

Dries Pretorius ·

Gideon ek stem met jou volkome saam en daarmee saam moet ons ingedagte hou dat die bestuurders nie hulle spoed en volgafstande in reënweer aanpas nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.