Reeva het Oscar bewonder

Reeva Steenkamp

Die model Reeva Steenkamp het kort voor haar dood in ʼn tydskrifonderhoud gesê sy bewonder en respekteer haar kêrel Oscar Pistorius.

Steenkamp het aan die tydskrif Heat gesê sy is bekommerd oor “leuens” wat hulle verhouding kan kelder. “Ons praat nie met die media nie want ons wil nie die verhouding bederf nie. Ek wil nie hê enigiets moet in die pad van sy loopbaan kom nie. Hy is ʼn fantastiese atleet,” het Steenkamp in die onderhoud, wat sewe dae voor haar dood gedoen is, gesê. “Jy weet wat hulle doen, hulle maak goed op. ‘Reeva verneuk Oscar’ en ander gemors soos dit. Ek wil nie hê leuens moet dit [sy loopbaan] in gevaar stel nie.” Andre Neveling, redakteur van Heat Suid-Afrika, sê in ʼn verklaring dat Reeva behoorlik “gegloei” het toe sy oor haar romanse met Pistorius gesels het. Neveling sê die paartjie het ingestem om ʼn fotosessie vir die tydskrif se April-voorblad te doen. “Gedurende die openhartige onderhoud met Heat sewe dae voor haar dood het Reeva vir die eerste keer oopgemaak oor haar romanse [met Pistorius].”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.