Reeva se gedenkdiens gereël

Reeva Steenkamp

‘n Gedenkdiens sal Dinsdag vir Reeva Steenkamp in Port Elizabeth gehou word.

Die gedenkdiens word op dieselfde dag gehou as wat Oscar Pistorius in verband met haar moord in die hof sal verskyn. SABC berig dat ‘n familielid, Michael Steenkamp, gesê het Reeva se liggaam sal daardie dag na Port Elizabeth gevlieg word en dat sy tydens ‘n privaatdiens veras sal word.

Oscar is Donderdag in hegtenis geneem nadat Reeva, ‘n model, regsgegradueerde, en deelnemer aan die Tropika Island of Treasure televisie-reeks, in sy huis doodgeskiet is. Oscar word by die Brooklyn-polisiestasie in Pretoria aangehou tot sy saak weer Dinsdag in die hof voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.