Reeva se ouers bekla mediaberigte

Reeva Steenkamp

Reeva Steenkamp se ouers het mediaberigte, wat hulle glo aanhaal, bekla.

“Voor 19 Augustus 2013 het ons, nadat ons dit bespreek het, besluit om ‘n waardige stilte te handhaaf ondanks die verwagting dat ons ‘n aanslag van media-belangstelling in die gesig sou staar,” het Barry en June Steenkamp Vrydag in ‘n verklaring gesê. “Nie een van ons het al vir ‘n hele ruk lank met die media gepraat nie en uitlatings kan dus nie aan ons toegeskryf word nie.”

Die egpaar sê die berigte het hulle baie frustrasie en hartseer berokken. Hulle versoek die media om nie direk met hulle in verbinding te tree nie.

Reeva sou Maandag, op dieselfde dag wat Oscar Pistorius vir haar moord in die Pretoriase landdroshof verskyn het, haar 30ste verjaarsdag gevier het. Sy is op 14 Februarie in sy huis in Pretoria doodgeskiet. Pistorius se saak is oorgedra na die Noord-Gautengse hooggeregshof en sal na verwagting op 3 Maart 2014 begin.

Die Steenkamps het Reeva se vriende en kennisse versoek om ook ‘n waardige en beheersde manier op te tree. “Dit is die minste wat sy verdien. As Reeva se ouers is ons die beste mense om Reeva se verhaal te vertel,” het hulle gesê. Dít sal glo gebeur sodra hulle haar dood verwerk het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trippie ·

Ek stem 100% saam met hierdie twee mense. Laat hulle eers in vrede om die hartseer en trauma te verwerk.

Hul finansiele posisie het NIKS met die publiek te doen nie. Deur wie is hierdie inligting aanvanklik oorgedra ?

Seg Net ·

Haar dood verwerk het? Is dit moontlik om ‘n kind se dood te verwerk? Met die hulp van Die Hemelse Vader verlig, ja, Maar ek glo nie heeltemal verwerk nie. Of moontlik, ek weet nie en sal ook beslis nie wil uitvind nie. Vorige berig geseg mans moet vroue met respek behandel en nie op enige wyse mishandel nie.

takkie nortje ·

dit is hulle finansies het niks met iemand uit tewaai nie hulle het n kind verloor ek voel hartseer saam met hulle

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.