Reeva se ouers glo gekant teen uitsaai van Oscar-saak

Reeva Steenkamp

Reeva Steenkamp

Reeva Steenkamp se ouers is glo daarteen gekant dat Oscar Pistorius se moordsaak regstreeks op televisie uitgesaai word.

Pistorius word daarvan aangekla dat hy Steenkamp, sy meisie, op 14 Februarie 2013 in sy huis doodgeskiet het. Die staat voer aan dat Pistorius dit met voorbedagte rade gedoen het terwyl Pistorius sê dit was ‘n ongeluk en dat hy haar as ‘n inbreker aangesien het. Nathi Mncube, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het in reaksie op berigte dat Steenkamp se ouers gekant is teen die regstreekse uitsending van die verhoor gesê dit is in belang van geregtigheid. “Ons is nie hier om na slegs een getuie te kyk nie. Dit is jammer dat die familie geraak word want dit is hulle kind wat vermoor is. Die mense wat gaan getuig is nie die familie nie maar getuies. Ek dink die familie wil sien dat geregtigheid geskied. Dit is ook ons fokus. Ons het waardering daarvoor dat dit vir hulle sensitief kan wees maar in die groter skema van dinge kan die publiek meer daarby baat om die verrigtinge te kyk indien die hof die bevel toestaan.” Barry Roux SC, vir Pistorius, het aan die hof gesê dat Steenkamp sê ouers nie ingelig is oor die NVG se ondersteuning vir die regstreekse uitsending van die verhoor nie.

Regter Dunstan Mlambo het vandag mediahuise se aansoek aangehoor om die moordverhoor regstreeks uit te saai. Uitspraak is tot Dinsdag voorbehou.

Pistorius se verhoor begin op 3 Maart in die hooggeregshof in Pretoria.

Lees ook:
Oscar-moordverhoor: Uitspraak voorbehou oor regstreekse uitsending
Oscar Pistorius-verhoor: Mediahuise stel hul saak
Aansoeke om Oscar-saak uit te saai

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

alet ·

wil die wereld genot put uit die saak dit gaan geen mens buite aan as hulle wil weet wat gaan gebeur laat hulle hof toe gaan en gaan luister wat n verneerdering is dit nie vie al2 gesinne nie van nuskiererheid is die tronke vol en kerke leeg

margriet ·

Laat die reg sy gang gaan hulle soep oplossings en moenie inteveer nie

Eben ·

Kan dit wees dat hulle gekant is omdat hulle nie iets uit die deal kry?

boerevolk ·

Suur druiwe. Oscar is n Held. Is die Steenkamps nou vies omdat daar geen ontroue broodwinner is nie. Hulle is agter Oscar se geld aan. Pleks hulle gaan geld soek by Reeva se skelm lover.

Slim Daan ·

Benewens die algemene strekking van jul 4 se siening, is dit verder duidelik dat dieselfde Afrikaanse onderwyser jul onder hande gehad het.
Die gevaar van hierdie direkte uitsending le daarin gesetel dat dit n agterdeur oophou vir Pistoolorius om by skuldigbevinding, te mag ( en sal ) – appelleer. Getuies ( Staat sowel die verdediging ) mag tydens die verloop vd verhoor geensins met mekaar konsulteer, of in gesprek tree nie. Die gevaar om mekaar ” na te praat ” ( rugsteun ) in die opsig altyd n gevaar. Met als wat na buite op hierdie wyse die publieke oog gaan vang, is DIE moontlikheid n groot realiteit. Daardeur kan dit die uitkoms van n regverdige verhoor vir die beskuldigde, inherent skaad.
Pistoolorius is vermoend. Soos Zumpie Kadoempie sal hy ( by skuldigbevinding ) alle aspekte tot die hoogste gesag / hof, – op hersiening neem.
Waarom dan vir hom dit in die opsig nog makliker maak ? As ouer wat graag geregtigheid wil sien geskied, gaan dit n hartseer dag wees as die uwe op n regstegniese punt skotvry die hof uitstap. Wat opgeweeg moet word eenvoudig dit : Voer / voed publieke nuuskierigheid, of loop die gevaar om goeie regspleging in die wiele te ry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.