Reeva se ouers oorweeg siviele saak teen Oscar

Reeva Steenkamp

Reeva Steenkamp se ouers oorweeg ʼn siviele saak teen Oscar Pistorius nadat hy haar op Valentynsdag doodgeskiet het.

Mike Venter, Barry en June Steenkamp se prokureur, het Vrydag gesê die omvang van die verligtingsbedrag wat verlang word, moet nog beraam word.

Pistorius word van Reeva se moord aangekla nadat hy haar op 14 Februarie in sy huis in die Silver Woods-landgoed in die ooste van Pretorius doodgeskiet het. Pistorius beweer hy het haar as ʼn inbreker aangesien. Reeva is 19 Februarie in Port Elizabeth veras. Pistorius is tans uit op borgtog van R1 miljoen. Hy moet weer op 4 Junie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

H J Bester ·

Die Steenkamps se voorgenome eis teen Oscar Pistorius, is belaglik – of is dit omdat hulle op haar inkomste geteer het en sy nou nie meer ‘n bydra kan maak tot hul oorlewing nie. Die Steenkamps is lieplappers en het nooit regtig goeie en vaste betrekkings gehad nie.

Marlene Davies ·

Genade, om nou Reeva se ouers uit te skel vir lieplappers is darem laag en gemeen. Hul is albei oud en haar pa sukkel met sy gesondheid. As daar ‘n bankrekening kan oopgemaak word vir mnr en mev Steenkamp sal ek met graagte ‘n bydrae maak en ek glo nog ander sal ook wil help. My ouers het ook geldelike hulp nodig omdat my ma bedleend is en versorg moet word. Hul is die sout van die aarde en geen opoffering is vir my te groot nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.