Reeva se ouers stel regspan aan

Reeva Steenkamp

Reeva Steenkamp, die vermoorde vriendin van Oscar Pistorius, se ouers het hul eie regspan aangestel om hul belange te beskerm.

Steenkamp is op Valentynsdag in die huis van Pistorius in die ooste van Pretoria doodgeskiet .

June en Barry Steenkamp het Maandag in ‘n verklaring gesê dit is ‘n baie traumatiese en hartseer tyd vir hulle. Hulle sê verder hulle verstaan die intense mediabelangstelling, maar het die media gevra om hul privaatheid te respekteer en gesê hulle sal vir eers nie enige onderhoude toestaan nie, berig EWN.

Mike Venter, prokureur, en senior advokaat Dup de Bruyn is deur die Steenkamp-familie aangestel om na hulle belange om te sien. Reeva is op 19 Februarie tydens ‘n privaatseremonie in Port Elizabeth veras.

Pistorius word van haar moord aangekla. Hy is tans op R1 miljoen borg vrygelaat en moet weer op 4 Junie in die hof verskyn.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.