Reeva ter ruste gelê

Vriende en familie van Reeva Steenkamp by die Victoriapark-krematorium in Port Elizabeth. Foto: Sapa

ʼn Sombere bui het Dinsdag geheers waar die model Reeva Steenkamp se gedenkdiens in Port Elizabeth plaasgevind het.

Talle bekendes was onder die roubeklaers wat by die roudiens opgedaag het. Die diens is waargeneem by die Victoriapark-krematorium in Port Elizabeth. Die Springbok-rugbyspeler Francois Hougaard en radio omroeper Thato Sikwane (DJ Fresh van 5fm), was onder die roubeklaers.

Sommige mediaberigte beweer dat Reeva ʼn SMS aan Francois gestuur het kort voor die noodlottige skietvoorval. Francois het intussen egter ontken dat hy enigiets met die saak te doen het, en bevestig dat hy nie kommentaar wil lewer nie.

Leerlinge van die St Dominic’s-hoërskool, waar Reeva skoolgegaan het, het ook die diens bygewoon. Sy is in ʼn kis met wit linne en ʼn wit blomruiker in die kapel in gedra.

Reeva is verlede Donderdag op Valentynsdag in Oscar Pistorius se spoghuis in die Silwer Woods-landgoed in Pretoria doodgeskiet. Oscar verskyn vandag in die Pretoriase landdroshof waar uitspraak oor sy borgaansoek moontlik teen Woensdag gelewer sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.