Regering betaal glo self nie minimumloon

Betogers tydens die onlangse onluste in die Wes-Kaap. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die regering betaal glo werkers in sy amptelike werkskeppingsprogram so min as R30 per dag.

Beeld het Saterdag berig dat die voorgestelde minimumloon vir werkers in die program vir uitgebreide openbare werke (UOWP), ’n regeringsinisiatief, R66,34 per dag is. Volgens die berig wys amptelike statistieke dat die provinsiale departemente van onderwys en openbare werke in die laaste drie maande van verlede jaar slegs sowat R30 per dag betaal het. Werkers in die landbousektor in die Vrystaat, wat deel is van die program, het glo R50 per dag verdien en werkers in dieselfde sektor in Limpopo verdien glo R87 per dag. Kgomotso Mathuloe het aan die koerant gesê dat die regeringsdepartemente wat deel is van die program verwag word om hulle werkers R66,34 per dag te betaal. “Die lone wissel van provinsie tot provinsie. Dit word beïnvloed deur die maatskaplik-ekonomiese toestande in die verskillende areas,” het sy aan Beeld gesê.

Dié onthulling deur Beeld kom op die vooraand van die verwagte verhoging van die minimum loon vir plaaswerkers van R69 tot R105 per dag na die onluste in die Wes-Kaap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.