Regering gryp in ná vrou in slaggat “bad”

Rosie Morrison "bad" in die slaggat Foto: Facebook

Rosie Morrison “bad” in die slaggat Foto: Facebook

Die departement van vervoer in Mpumalanga blameer die toestand van die R36 tussen Machadodorp en Mashishing (Lydenburg) op swaarvragmotors en reën.

ʼn Foto van ʼn vrou wat in een van die slaggate “gebad” het, het verlede week opslae gemaak op sosiale media, het ʼn SAPA-korrespondent berig.

“Daar word baie instandhouding gedoen op die pad,” het Dumisani Malamule, woordvoerder vir die departement, gesê. “Maar die groot aantal swaarvoertuie van verskeie myne in die gebied wat van die pad gebruik maak, het daartoe gelei dat die pad verswak het.”

Die pad is nou só sleg dat dit nie meer die moeite werd is om die pad te lap nie, maar dat algehele rehabilitasie van die pad moet plaasvind. Volgens Malamule sal dié rehabilitasie in die 2014/15 finansiële jaar gedoen word.

Alison Botha, die eienaar van Lydenburg-gastehuis en Rosie Morrison, ʼn vrywilliger onderwyseres, het onlangs die foto’s van Morrison gepubliseer. Morrison het ʼn stortkappie, boek, glas wyn en sjampoe by haar gehad.

Die twee vroue het die foto’s op Facebook gelaai en mense aangemoedig om die boodskap te versprei dat die regering die slaggate moet herstel wat die lewens van toeriste en plaaslike inwoners in gevaar stel. “Hierdie spesifieke pad is nou al jare lank onbruikbaar en dit is hoofsaaklik weens die 40 ton vragmotors wat daagliks van die pad gebruik maak, omdat daar nie ʼn behoorlike spoorwegstelsel beskikbaar is nie. Dit is die regering se verantwoordelikheid om dié pad reg te maak,” het Botha gesê.

Botha sê sy vat gaste gereeld om met perde te gaan ry, maar die pad is nou só beskadig, dat nie perde of voertuie die pad kan gebruik nie. “Dit is eenvoudig te gevaarlik,” het Botha gesê.

Malamule sê die regering sal alles in sy vermoë doen om te verseker dat die pad gerehabiliteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Magda ·

Mooi so..Meer mense moet nou begin om die slaggate op een of ander maniere adverteer 100% vir jou haha!!

Siela ·

Dis nog niks ons ry op die Potch/Ventersdorp pad met ons karavaan en as ons by ons bestemming kom dan is byna al die kasdeure afgebreek want die slaggate is so erg dat ALS binne die kaste uitval en die deure afbreek. Dis skokkend, die paaie dept moet eintlik vir die skade betaal.

Kobus ·

Wanneer jy klaar gebad het Rosie plant ñ boom in daardie gat. Dan is jy nou omgewingsvriendelik en groen.

Ria Maritz ·

Dis van al die “gelappery” dat die pad lyk soos wat hy lyk. Lapwerk is allermins instandhouding.

Hierdie vrou verdien ‘n kas rooiwyn … dat dit ‘n blanke vrou was wat die aandag op die spesifieke pad gevestig het, wil gedoen word. Ek sou darem nie so in daardie vuil water wou sit nie.

Peter Says ·

Hierdie mense werk met n plan, hulle wil al die sub paaie laat verval. Die geldkoei is op die hoofroetes.

rene ·

Als en almal kry die skuld! Maak n plan met ons land se paaie! Dit kos ons bestuurder klomp geld om voertuie in stand te hou.

Justi ·

Ek het lekker gelag vir die dame in die “bad.” Goed gedoen!

Ek het Vrydag wat verby is gaan hengel by Kwena dam. Daardie pad ia verskriklik erg. Dis werklik lewensgevaarlik.
Die trok bestuurders gee net eenvoudig nie om of hul bo-oor jou gaan ry terwyl jou voertuig en jouself veilig deur die gate probeer kry nie.
Ooral is daar borde wat se: Extreme Potholes en Potholes, maar word niks aan gedoen nie.
Weereens goed gedoen dame!

Johan Spies ·

Tipies die regering wat nou onmiddelik aandag aan die pad sal gee (2014/2015 hahahaha) voor die verkiesing nadat hulle gemaak is om te bloos (Kan hulle bloos???….nog nooit gesien hoe DIT lyk nie) oor hulle onbekwaamhede oor die laaste jare……wat ‘n grap en nog een wat hulle wil he ons moet vir soetkoek opeet! Onbekwame klomp swape!

Mckayline ·

Lol, 10 uit 10 vir julle!! Studente het sowat 3 maande gelede tuin in so slaggat gaan maak, en die munisipaliteit kon dit nie vinnig genoeg regmaak nie. Ek en my man het nou die aand oor die hoë dodesyfer op die land se paaie gepraat, en gewonder hoeveel van die ongelukke was veroorsaak deur die toestand van die paaie! Dit is ‘n skreiende skande dat ons al hier die heffings en belastings moet betaal en die paaie lyk so.

Erika ·

Mooi So Dolla 10/10 vir Jou!!!You did it!!!!!!Great !!!!Hoop al die SLaap Gate word nou Wakker!!!!!!En doen Hulle werk bietjie vir n Verandering!!!!!Die Flippen Slapgatte!!!!!

Johanna ·

Dit is nie die enigste paaie wat vol slaggate is nie. Tussen Frankfort , Reitz na Bethlehem is daar amper nie meer teerpad oor nie en tussen Ellisras en Potgietersrus is paaie ook onbegaanbaar. Dit het oral onderhoud en herstel nodig, punt.

Hantie ·

10/10!! Ons moet almal begin kla en betoog oor alles waarmee ons ontevrede is, soos wat dit in ander lande gedoen word, miskien sal dit dan reaksie uitlok. Kom julle!

Nico ·

Ek dink die vroue het die oorsaak van die swak paaie goed uitgewys. Dit is omdat die spoorwee verval het (of toegelaat is om te verval). Dis die swaar vragmotors wat ons paaie verniel.

Ria Maritz ·

AMY, ek wens regtig ons kan nou van Rosie self hoor na al die reaksie wat sy ontlok het met haar “gratis advertensie” !

EyesEars ·

Rosie, jy moet daarop aandring dat die Departement van Vervoer jou betaal vir hierdie “advertensie”, aangesien julle ‘n verlies van inkomste lei weens die swak toestand van die paaie. Indien die paaie in n goeie toestand was, sou jul soveel meer kon bereik en doen.
Uitstekend gedoen.
Ek twyfel egter of dit werklik enigsins ‘n inpak gaan he, aangesien daar nou belowe is om die pad te herstel in 2014/2015 boekjaar. (As hulle dit wou herstel, so hulle dit al lankal gedoen het). Sal maar sien.
Hier stem ek saam met Peter Says. Dit is ook een van die redes waarom daar soveel “swak toekomstige beplanning” voorkom. Nie dat die provinsiale regerings nie kan beplan nie, maar hulle word gekniehalter deur, die regering, departmente en individue se persoonlike agendas agv grond+, en korrupte amptenare, om die sous treine van gee en nog meer gee, “sonder vergoeding” aan die lewe te hou, vir stemme.
Hoop regtig in my hart dat jou moeite, die moeite werd sal wees. Jy is inderdaad baie braaf.

GawieM ·

My dogter het daardie pad vanaf Lydenburg na Machadodorp waar sy gewerk het elke dag gery. My senuwees was op. Sy het begin Desember genadiglik haar eie besigheid begin. Daardie pad is nie net ‘n nagmerrie nie, maar ‘n RILLER soos so baie paaie wat daagliks agteruit gaan.

henk venter ·

Dumisane Malamule, JY LIEG!! Julle doe GEEN instandhoudingswerk op die paaie in Mpumalanga nie! GEEN slaggat word SO groot in ‘n week se tyd nie! In Mpumalanga word ons eens goeie teerpaaie vinniger omskep in grondpaaie as wat dit in die hele Afrika gebeur het. Julle skraap nie eens grondpaaie nie. Ek wonder of die Mpumalanga regering hoegenaamd nog ‘n paaie departement het, wat nog te se ‘n padskraper?

Linda ·

Die enigste tyd wanneer jy enige ‘vordering’ in hierdie land kry is wanneer jy n foto of n video opname versprei vir die WERELD om te sien hoe pateties hierdie regering regtig is – dan en slegs dan ‘the dead comes to live’…..

ontnugterde waarnemer ·

As die regering in die eerste plek nie die spoorwee ‘n wit olifant gemaak het nie (verstaan M Ramos het al die trokke aan ander Afrika lande verkoop ‘n ruk terug skynbaar om die boeke beter te laat vertoon toe sy die pos oorgeneem het)sou ons nie nou langtermyn met die probleem gesit het nie.Alles word nou ten duurste (petrol en pad verslyting)per pad vervoer – daar is geen opsie nie.Dit het ook indirek e-tol tot gevolg gehad.Van die e-tol geld moet gebruik word om paaie nou instand te hou en die probleem is die land oor.Om die situasie nou te probeer regstel sal baie geld kos- ek glo hulle moet die spoorwee gebruik waarvoor dit in die eerste plek aangele is, maar wie moet nou betaal vir nuwe lokomotiewe/trein trokke en wat sal dit kos?Dit was ‘n duur vlater wat die resultaat was van mense wat of nie vooruit gedink nie of wat nie omgegee het vir die tragiese gevolge nie m.a.w verkeerde mense is aangestel om groot besluite te neem wat die hele land raak – elke enkele verbruiker.

P.A. van Niekerk ·

Verlede jaar, 2013, is ek deur so ‘n slaggat wat ‘n hele stuk ui my buiteband geskeur het en die rim gebreek het. Ek wonder wanneer hierdie ANC-regering gaan wakkerskrik of verdwyn.

Chris ·

sou ek nou so lekker glasie rooiwyn saam met haar geniet het. Ek wonder of sy die boek gelees het?

jan schoeman ·

Instandhouding!!! Johannes van paaiedepartement reken dan hulle het nie grond om in gate te gooi nie…….. wat nog van teer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.