Regering koop nóg aandele in mediahuis

Die pensioenfonds van staatsamptenare GEPF) gaan 25% se aandele, ter waarde van R500 miljoen, in Independent News en Media SA aanskaf.

Die fonds besit reeds 19.5% se aandele in die Times Media Group, het Business Day Dinsdag berig. Die Times Media Group publiseer onder andere Business Day en ander publikasies wat direk in kompetisie staan met Independent-titels, waaronder The Star, Pretoria News en die Cape Times.

Die Independent-groep is onlangs deur die Sekunjalo Independent Media Consortium van die Ierse beheermaatskappy oorgekoop.

Business Day berig die regering besit reeds 100% aandele in die SAUK, en dit wil ook voorkom of die regering The New Age-koerant aan die gang hou met lonende advertensie-ooreenkomste.

Khanya Buthelezi, die pensioenfonds se woordvoerder, het aan die koerant gesê die aankope van die aandele in Independent News en Media SA was in lyn met sy regeringmandaat.

“Kragtens ons ontwikkeling- en beleggingsbeleid, waarvoor ons 50% toegeken het [sowat R60 miljard] van die totale bates onder bestuur, belê ons in kommersieel lewensvatbare projekte wat beide finansiële en sosiale opbrengste gaan lewer,” het hy gesê.

“Verder poog ons om swart ekonomiese bemagtiging te bevorder om deelname van die meerderheid in die hoofstroom ekonomie te verhoog.”

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Om swart ekonomiese bemagtiging te bevorder word staatsdiensamptenare se pensioen gebruik om aandele in die koerante te koop!! Die e-tollstelsel toon tog duidelike hoe gevaarlik dit is om met staatsamptenare se pensioengeld te mors en nou weer die. Ek is nie so seker of die mediahuise nog deesdae die beste belegging is nie, gelukkig is ek nie ‘n staatsamptenaar nie

H J Bester ·

‘n Regering soos dié deur die ANC gevorm en met sterk sosialistiese ondertone, is geneig om homself oral te laat geld. Hy koop graag belange in al wat ‘n onderneming is veral in die media want dit gee hom ‘n spreekbuis om sy beleid en dogma te verkondig. Sy sterk sosialistiese neiging maak hom grootliks anti-demoktraties en het hy geen groot erg in die vryemarkstelsel en kapitalisme nie – dit word net gebruik om sy elite te verryk en om ‘n mooi beeld na buite te skep.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.