Regering “nie verleë” oor gebaretaaltolk

Thamsanqa (Thami) Jantjie Foto: Alon Skuy, SAPA

Thamsanqa (Thami) Jantjie Foto: Alon Skuy, SAPA

Hendrietta Bogopane-Zulu, adjunkminister vir mense met gestremdhede, het Donderdag gesê dit was ʼn fout om van Thamsanqa (Thami) Jantjie se dienste gebruik te maak vir die gedenkdiens van oud-president Nelson Mandela, maar dit is nie iets waaroor Suid-Afrika verleë hoef te voel nie.

“Ons kan nie aangesê word dat ons verleë moet wees nie. Was dit ʼn fout? Ja,” het Bogopane-Zulu gesê. “Ek dink nie dit sal die waarheid wees as ek hier moet staan en sê ons voel verleë nie. ʼn Fout het gebeur terwyl ons probeer het. Ons probeer verbeter.”

Sy sê die tolk was ook oorweldig en het gesukkel om uit Xhosa na Engels na gebaretaal te tolk. Xhosa Jantjies se eerste taal, en daar moes ʼn tweede gebaretaaltolk op die verhoog gewees het, soos regulasies bepaal. Sy sê hulle het uitgevind die maatskappy vir wie hy werk, SA Tolke, het al vir ʼn geruime tyd swak gehalte tolkdienste gelewer. “Dit lyk of hulle nog al die tyd kul,” het Bogopane-Zulu bygevoeg.

Die maatskappy het R800 per dag vir die tolk geëis, terwyl gebaretaaltolke gewoonlik tussen R1 300 en R1 700 per uur vra.

Intussen het die ANC Donderdag gesê die gedenkdiens by die ENB-stadion is deur die regering en nie die party nie, gereël.

“Die ANC word sedert Woensdag oorval met navrae deur plaaslike en internasionale media oor die gebaretaaltolk,” het Jackson Mthembu, woordvoerder vir die ANC, in ʼn verklaring gesê. “Die ANC bevestig dat die organisasie oor die afgelope paar jaar van Thamsanqa Jantjie se dienste gebruik gemaak het. Die amptelike gedenkdiens is egter deur die staat gereël, en nie die ANC nie.”

Die ANC het die besluit verwelkom dat die regering die voorval sal ondersoek en maan alle belanghebbendes om vir die uitslag van die ondersoek te wag.

Organisasies vir die dowe gemeenskap voer aan hulle het al ʼn geruime tyd gelede kommer uitgespreek oor Jantjies se bekwaamheid. Jantjies het vroeër in ʼn onderhoud met EWN aangedui dat hy behandeling ontvang vir skisofrenie en dat hy ʼn episode gehad het tydens die gedenkdiens. Klik hier om meer te lees.

Twee organisasies het Donderdag gesê die tolk het die huldeblyke by die gedenkdiens bederf. “Die dowe gemeenskap in Suid-Afrika en regoor die wêreld is ontstoke oor die bedrieër,” het die Suid-Afrikaanse Nasionale Vereniging vir Dowes (Sanda) en die Gestremde Mense van Suid-Afrika (DPSA) gesê.

“Hierdie voorval werp lig op die realiteit van die situasie van dowe mense en die kloof tussen beleid en praktyk in Suid-Afrika,” het die organisasies in ʼn verklaring gesê.

“Die voorval het die behoefte aan ʼn meganisme om die akkreditasieproses vir die bedryf ontbloot. Die organiseerders moet om verskoning vra aan die dowe gemeenskap en die mense van Suid-Afrika.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hugo ·

Dit het nou net aan die hele wêreld ‘n demonstrasie gegee hoe die anc se regstellende aksie werk; hulle gee nie rêrig om of die werk reg gedoen word nie; solank daar net ‘n swart gesig in die pos is.

Henko ·

Kom nou, hy het dat self gese hy is skisofrenies. Die boodskap is reeds die wereld in, nou kan hulle eerstehands beleef waarmee die land sit. Bedrieers.

Jasper ·

En Obama se sekerheidswagte loop met rooi gesigte rond. kry vir julle. Afrika is nie vir sissies nie.

Roderick ·

Ja-nee, die boodskap is nou deeglik die wêreld oor uitgesaai!

Shannon ·

“Nou het die Wêreld die fiasko gesien !”
Werklik ?
Die wêreld stel nie belang nie.

JJ Els ·

Wat n piesangrepubliek…..hoe laat jy n skisofreen toe om tussen Internasionale Staatshoofde rond tebeweeg. Is hy nie veronderstel om n sekerheisklaring te he nie. En deel van n sekerheidsklaring is psigometriese toetse waar sy skisofrenie ontbloot sou word. Natuurlik hoef ons nie “verlee” te voel nie. Gryp maar net n piesang…of eet beet en knoffel. Of gaan stort

henk venter ·

Wel eerstens gaan julle nog lank probeer! Jy sien dis die verskil tussen ‘n eerste wereld land waar ons was en die derderangse slumps waarin ons regering NOU is!
Tweedens, ek stem 100% saam die pateet. Hoe sal hulle dan nou oor iets so kleins verlee voel as hulle nie eens geroer word deur ‘n absolute korrupte president wat deur hulle ondersteun en in plek gehou word nie!!

Hanta de Jongh ·

Dit is nie die ANC se skuld nie, dit is die Regering se skuld??????HAHAHAHAHA
Mooi Man

Hanta de Jongh ·

Dit is nie die ANC se skuld nie, dit is die Regering se skuld??????HAHAHAHAHA
Mooi Man

Elsa ·

Shannon jy is verkeerd. Die wereld lag vir hom en vir SA. EK is in New Zealand en dit het groot nuus en opslae gemaak hier. Almal lag en bespot hom. Maar ja die wereld sien nou hoe onbevoeg is die regeering en die sy mense. Hulle gee nie om of die man die werk kan doen nie solank daar net n swart gesig is. Hoeveel mense het my die afgelope dae gese hulle verstaan nou beter wat in SA aangaan en het simpatie met ons blankes daar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.