Regering ondersoek moontlikheid om mediese marijuana te wettig

Pres. Jacob Zuma Donderdag in die parlement. Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma Donderdag in die parlement. Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma het Donderdag in die parlement gesê die departement van gesondheid sal die moontlikheid ondersoek om die mediese gebruik van dagga in die land te wettig.

Mario Oriani-Ambrosini, LP van die IVP wat aan kanker ly, het Woensdag ʼn pleidooi aan president Jacob Zuma in die parlement gelewer dat die regering die mediese gebruik van dagga moet wettig. Hy het gesê dit is ʼn misdaad teen die mensdom om nié mediese marijuana in die land toe te laat nie. “Julle ken my al 20 jaar lank en ek is seker julle het al tydens ʼn paar geleenthede my vervloek,” het die tingerige Oriani-Ambrosini Woensdag tydens die nasionale vergadering in die debat oor Zuma se staatsrede gesê. Hy is verlede jaar met fase 4-longkanker gediagnoseer.

Zuma het Donderdag gesê hy was geskok om ʼn man, saam met wie hy al 20 jaar lank werk, in so ʼn toestand te sien en daarom het hy die minister van gesondheid opdrag gegee om die saak te ondersoek.

Lees ook:
Video: LP se pleidooi oor mediese gebruik van dagga

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.