Regering ondersoek ontvoering van SA-sakeman

imagesDie ontvoering van ʼn Suid-Afrikaner in Pakistan is besig om deur die regering ondersoek te word, het die departement van internasionale betrekkinge Maandag gesê.

“Die saak geniet aandag en die toepaslike konsulêre dienste sal gelewer word,” het Clayson Monyela, die departement se woordvoerder, gesê.

Maroela Media het Sondag berig Arshard Ali, ʼn sakeman en voorsitter van die ANC in Meyerton, is glo Dinsdag ontvoer. Hy was glo op pad na die Lahore-lughawe om terug te keer na Suid-Afrika toe hy deur vier mans voorgekeer en in ʼn wit dubbelkajuit-bakkie ingedwing is. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.