Regering, polisie moet opdok ná wegholveldbrand

Die regering en die minister van polisie moet opdok vir die skade wat deur ʼn wegholveldbrand veroorsaak is, berig die Saturday Citizen.

Die hooggeregshof in Pretoria het Donderdag gelas dat die regering en polisie op nalatige wyse opgetree het en nie alles in hul mag gedoen het om te keer dat die veldbrand versprei nie. Die brand het by die Thabazimbi Opleidingsinstituut op die plaas Verdrag begin. Volgens bewyse het ʼn klein brand ontstaan terwyl lede van die nasionale intervensie-eenheid met ʼn skietoefening besig was. Hulle het glo probeer om die brand met ses klein brandblussers te blus maar dit het vinnig buite beheer geraak. Die brand was vir talle dae buite beheer en het na 14 naburige plase versprei. Regter Johan Louw het beslis dat die regering en die minister van polisie aanspreeklik gehou kan word vir die skade wat deur die eienaars van die naburige plaas opgedoen is sowel as vir AA Rontgen, wat ernstige brandwonde opgedoen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.