Regering praat oor Al-Qaeda-gerugte

Argieffoto van Al Qaeda in Somalië Foto: www.foreignpolicy.com

Beweerde Al-Qaeda-aktiwiteit in Suid-Afrika word wel ondersoek. Dennis Dlomo, die waarnemende direkteur-generaal van die departement van staatsveiligheid, het Woensdag gesê hy is bewus van terreuraktiwiteite in die land, maar sê meer inligting kan nie verskaf word nie weens die geheime aard van ondersoeke in die verband, berig RSG.

Maroela Media het vroeër berig die Demokratiese Alliansie (DA) wou weet waarom ‘n ondersoek na Al-Qaeda-aktiwiteit in Suid-Afrika gestaak is. Dit volg nadat die Daily Maverick berig het dat die staatsekerheid-agentskap (SSA) en die polisie se eenheid, wat misdade teen die staat ondersoek, aktiwiteit op ‘n plaas buite Pretoria, naby die apartheid-martelkamp Vlakplaas, en op ‘n afgeleë plaas in die Klein Karoo, monitor. “Operasie Kanu” het glo net ná die 9/11 World Trade Centre-aanval in Amerika, in werking getree om “aktiwiteit van Moslem-ekstremiste” in Suid-Afrika te ondersoek. ‘n Parallele ondersoek na verregse aktiwiteit, “Operasie Waco”, wat tot die Boeremag-hoogverraadverhoor gelei het, het in dieselfde tyd begin. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Coenraad ·

Die regering was te besig om n komplot teen die Afrikaners te bou vir goeie media peblusiteit en het nie omgegee oor die moslems nie.Die regering is in elke geval die moslems so goed gesind ,dat hulle dit onder die mat sal invee.Hierdie is net weer n klink klare bewys van die kaliber van leuns en veraat wat die SAP MI teen die Boeremag gepleeg het.Die situasie met die moslems is mos baie erger as wat die Boeremag saak ooit was-selfs met die ou bietjie plofstof wat die regering self aan die Boeremag voorsien het-die moslems het HEELWAT swaer skietgoed en niemand doen niks????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.