“Regering se misdaad-strategie faal” sê ISS

statsDie toename in ernstige en gewelddadige misdaad in Suid-Afrika bewys dat die regering se benadering tot misdaad nie werk nie, het die Instituut vir Sekerheidstudie (ISS) Donderdag gesê.

“Na ‘n lang tydperk van dalings in ernstige en gewelddadige misdaad, is die syfers wat vandag bekend gemaak die ergste wat ons in 10 jaar gesien het,” het Gareth Newham, ʼn ISS-ontleder, gesê.

“Geweld bly onaanvaarbaar hoog en moes as ʼn ernstige krisis beskou word wat in die pad staan van Suid-Afrika se sosiale en ekonomiese ontwikkeling.”

Nathi Mthethwa, die minister van die polisie, het vandag die nasionale misdaadstatistiek vir 2012/2013 in Pretoria bekend gemaak. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.