Regering spandeer glo miljoene op webwerf

Die Vrystaatse provinsiale regering het glo R40 miljoen betaal om sy webwerf op te knap.

Die Sowetan het Maandag berig Elzabe Rockman, die Vrystaatse direkteur-generaal in die kantoor van die premier, het in 2011 ʼn driejaar-kontrak geteken om hul webwerf te herontwerp. Die kontrak is beklink met Tumi Ntsele, ʼn sakeman wat na bewering verskeie tenders met ander provinsiale departemente het. Die koerant berig Ntsele se besigheid het die tender gekry, selfs al was daar twee maatskappye wat dit vir baie goedkoper aangebied het.

Etionee Bruwer, eienaar van ʼn webontwikkelingmaatskappy, sê die prys vir die webwerf is “belaglik”. Hy het gesê die duurste webwerf tot dusver het sowat R12 miljoen gekos en die bedrag was nodig omdat die webwerf aan ʼn finansiële instansie behoort wat sensitiewe inligting moet beskerm.

Ntsele het egter aan die koerant gesê opposisiepartye het ‘n agenda teen swart sakemanne en dat die webwerf se koste regverdig is.

Die Sowetan berig die webwerf het die provinsiale departement ongeveer R140 miljoen uit die sak gejaag, maar Rockman het dié bedrag betwis en voer aan dit was eintlik R40 miljoen.

Die betrokke webwerf, http://www.freestateonline.fs.gov.za/, is deur die loop van Maandag verskeie kere besoek en was gereeld onbereikbaar, omdat dit glo nie al die verkeer kon hanteer nie.

Die gebruiker ‏@YandisaMadondo het op Twitter geskryf: “’n 140 miljoen webwerf is veronderstel om ʼn toegewyde bediener (server) te hê. Die Vrystaatse regering se webwerf is af as gevolg van hoë verkeer.”

Ander kenners meen die webwerf is deur ʼn sjabloon (template) ontwerp, ʼn program wat vir sowat $40 aangekoop kan word.

Lees ook:
Foto’s: Vrystaat se webtuiste kos glo $40, regering betaal glo R40m

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Herman ·

Ek is web developer en hulle het wordpress gebruik, Dt is “open source” platform wat ek bebruik. die koste om daai website te bou kan nie sent meer as R200 000 gewees het nie as hulle die content verskaf was nie. Dit is totaal van twee weke se werk om daai website bou. Die website het GEEN search engine optimisation op nie.

Tyd om opte tree teen die regering wat ons belasting geld steel!

Fritz Rossouw ·

Herman jou antwoord en koste klink meer aanvaarbaar. Stem die ANC sous trein moet gestop word maar deur wie????

Anniekie ·

Dink hulle ons is ‘n spul idiote wat sal val vir daai bedrag? Hulle het die geld in hulle eie sakke gesteek en vir Ntsele ‘n groot fooitjie gegee om so groot kwotasie uit te skryf!

Jakes ·

Eks die eienaar van n website development company, en hier is my meening, die site sou dit van die grond af op gebou gewees het kon nie meer as R25000.00 wees nie, dit is duidelik n “template” wat gebruik is, en as jy die skakel van die developer volg onder aan die bladsy “Powered by Cherry Online Design” sal jy sien die het nie eens n website nie maar ‘n naam plekhouer “parked Domain” wat gehost word deur Afrihost. Die site met al sy “traffic”
wat hy nie eens kan hanteer nie, lys maar 19805 de plek op Alexia ranking:

Statistics Summary for fs.gov.za

Fs.gov.za’s three-month global Alexa traffic rank is 1,211,501. The site has attained a traffic rank of 19,805 among users in South Africa, where we estimate that 71% of its audience is located. Search engines refer approximately 54% of visits to the site, and approximately 61% of visits to Fs.gov.za consist of only one pageview (i.e., are bounces). The time spent in a typical visit to the site is roughly two minutes, with 58 seconds spent on each pageview.

Hierdie is n belediging vir Ons bedryf, en ek dink daai persoon,”Tumi Ntsele”, hoort nie in die bedryf nie.
Die website self is niks besonders nie, vra julle geld terug.

Danie Kriel ·

Zuma en Kie se beloftes om korrupsie en selfverryking van hulle comrades hok te slaan, is soos ‘n hoenderhen wat ‘n vrot eier gelê het en toe die haan daarvoor blameer het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.