Regering stort nog geld in e-tolprojek

Die regering oorweeg tans ʼn krediet wetsontwerp om nog kontant in Sanral se e-tolprojek te stort.

Sanral se huidige skuldbalans beloop sowat R20 miljard, het adjunk-pres. Kgalema Motlanthe Donderdag gesê. “Die volgehoue regsaak teen die e-tolprojek in Gauteng sal tot ernstige gevolge lei vir die padagentskap en die land,” het hy gesê. “Die regering kyk na ander maniere om die skuld te delg, wat beteken dat fondse wat vir ander projekte geoogmerk is, nou hiervoor aangewend moet word. ʼn Spesiale wetsontwerp word dus oorweeg om Sanral in ʼn gesonde stand te hou,” het hy gesê. Motlanthe het nie ʼn aanduiding gegee van hoeveel kontant aan Sanral oorbetaal sal word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.