Die gebruik van kinders in betogings skend hulle menseregte, het die waarnemende hoof van die staat se inligtingsdiens, Phumla Williams, Woensdag gesê.
Williams sê die regering is bekommerd dat daar ʼn neiging is om kinders as menslike skilde te gebruik gedurende betogings. “Dit is ʼn skending van basiese menseregte wat kinders se ontwikkeling kan verhinder en moontlik kan lei tot lewenslange sielkundige letsels. Ons doen dus ʼn beroep op ouers wat hul kinders betrek by die vernietiging van eiendom en die pleeg van geweld gedurende betogings om daarvan af te sien.” Dit kom nadat ʼn groep kinders Dinsdag aan die voorpunt was van die betogers van Zithobeni naby Bronkhorstspruit, oos van Pretoria. Die kinders het saam met hulle ouers paaie met klippe en brandende bande versper. Williams sê wanneer kinders aan die betoging deelneem plaas dit hulle opvoeding in die gedrang. “Terwyl elke burger die grondwetlike reg het om te betoog, is dit onaanvaarbaar wanneer eiendom en waardevolle openbare infrastruktuur vernietig word tydens betogings.”
Phumla Williams verstaan ek verkeerd. ….. Maar julle is ook so Julle doen dit ook die anc regering. So hou jou mond ……
Die ANC, vandag se regering, het dit in die laat sestiger jare alreeds begin doen, hoekom nou daaroor kla?