Regering vra strenger voorwaardes vir Walmart-oorname

Die regering sê die R16,6 miljard oorname van Massmart deur die Amerikaanse kettingreus Walmart hou ʼn risiko in vir die Suid-Afrikaanse ekonomie indien daar nie strenger voorwaardes aan die transaksies gekoppel word nie.

Die boodskap kom uit ʼn verklaring deur die minister van handel en nywerheid Rob Davies, die minister van landbou Tina Joemat-Pettersson en die minister van ekonomiese ontwikkeling Ebrahim Patel. Dié drie ministers het verlede maand ʼn aansoek ingedien om die Mededingingstribunaal se besluit om die oorname goed te keur, op hersiening te neem. Patel het Dinsdagoggend tydens ʼn mediakonferensie in Kaapstad gesê die regering sal sy pligte versuim indien hy niks hieraan dien nie. Hy meen die oorname sal lei tot werksverliese en ongunstige werkstoestande weens ʼn toename in invoere. Patel wou egter nie uitbrei oor die strenger voorwaardes wat hy en die ander minister voorstel nie. Massmart sluit onder meer in Game, DionWired, Makro en Builders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marnia Verwey ·

Daar moet gekyk word na die voorwaardes, maar ons moet oppas om hulle nie af te skrik nie. Hierdie is ‘n baie groot geleentheid vir ons land, dit kan ons tot ‘n volgende vlak neem, as ons dit toelaat. Maar vrese vir verandering gaan ons terug hou. Daar moet bepaal word wat is die beste vir ons land nou (ekonomies), en wat gedoen kan word om dit te laat gebeur.
Walmart is ‘n groot geleentheid, moet dit nie weg gooi nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.