Regering wil miljoene na SA lok

Foto: GCIS

Die minister van toerisme, Marthinus van Schalkwyk, sê die regering beplan om die getal buitelanders wat Suid-Afrika besoek van 7 miljoen in 2009 na 15 miljoen op te skuif teen 2020.

Van Schalkwyk het tydens ʼn konferensie gesê die regering wil dit doen deur meer sake-vergaderings, konferensies en ander gebeurtenisse in die land te laat plaasvind. Hy sê toerisme se bydrae tot die ekonomie was R189 miljard in 2009 en dat die regering hoop om dit teen 2020 tot R499 miljard te verhoog. 14,6 miljoen toeriste het Suid-Afrika in 2009 besoek. Van Schalkwyk sê hulle hoop om die getal tot 18 miljoen te verhoog teen 2020.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.