Regering wil SAL geldelik onder sy vlerk neem

Malusi Gigaba, minister van openbare ondernemings. Foto: SABC

Die regering beplan om die Suid-Afrikaans Lugdiens (SAL) geldelik te ondersteun om die veiligheid van lugvervoer te verseker.

Malusi Gigaba, minister van openbare ondernemings, het dit Woensdag tydens sy departement se begrotingsdebat bekend gemaak, berig die SABC.

Hy het in die parlement gesê die herkapitalisering van SAL is deel van ‘n nuwe lugvaartstrategie wat volgende maand aan die parlement voorgelê sal word.

“Gegewe die onstabiele aard van die wêreldwye lugvaartbedryf, is dit noodsaaklik vir Suid-Afrika om ‘n nasionale lugredery te ondersteun om die veiligheid van lugvervoer te verseker,” het hy gesê.

Volgens Gigaba sal die bedrag wat aan SAL gegee word met die nasionale tesourie bespreek word.

“Dit is nie ‘n finansiële reddingsaksie nie. SAL het nie na ons toe gekom en gesê ons is in die rooi nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.