Regeringsamptenare in hegtenis geneem vir korrupsie

Die polisie in Mpumalanga sê 19 mense, waaronder ses polisiebeamptes en 13 beamptes van die departement van binnelandse sake, is in hegtenis geneem vir korrupsie.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Leonard Hlathi, sê die verdagtes het na bewering omkoopgeld van buitelanders aanvaar om hulle in die land toe te laat. Hlathi sê die buitelanders het onwettig by die Lebombo grenspos, naby Komatipoort, die land binnegekom. Hy sê die 13 beamptes van binnelandse sake is reeds afgedank. Die verdagtes is in hegtenis geneem gedurende ʼn gesamentlike operasie van die polisie en die departement van binnelandse sake. Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die landdroshof op Komatipoort verskyn op aanklagte van korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.