Regsaksie teen Gauteng se tolstelsel

Die organisasie, Opposition to Urban Tolling Aliance (Outa), het Vrydagoggend hofstukke ingedien om die tolstelsel op Gautengse hoofweë te keer.

Outa sê in ʼn verklaring: “Dit is ʼn hartseer dag wanneer die regering ʼn spanningsvolle en dreigende verhouding met sy burgers ontwikkel. Die regering is besig om ‘n ongewilde en onregverdige stelsel tot stand te dwing.” Outa sê hy het ondersoek ingestel na die omstrede tolstelsel en gevind daar is talle oortredings wat die klem lê op minagting vir die beskerming van die publiek se belange. Die organisasie sê hy is nie gekant teen die Gauteng Hoofwegverbeteringsprojek (GFIP) nie en het Sanral gelukgewens met die opgradering van die provinsie se hoofweë. Outa sê hy is gekant teen die gebruik van die tolstelsel om die GFIP te befonds. Outa voer onder andere aan dat die beplande tolstelsel duur, ondoeltreffend en ‘n vermorsing van landsburgers se geld is. Die organisasie sê dit is fundamenteel verkeerd om addisionele belasting of tolgeld te eis van burgers wat langs hul daaglikse roetes pendel. Outa voer aan daar is ander maniere om Sanral sê R20 miljard skuld in te vorder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.