Regse terroriste blameer Malema

Argieffoto van ‘n ontploffing

Julius Malema se singery van die “Skiet die boer”-lied het glo die aksies van ‘n terroris beïnvloed.

Kliniese sielkundige Franco Visser getuig tans in die vonnisuitspraak van Georgios Kiratzidis, Martinus Vorster en Ruan Louw in die Phalaborwa rondgaande hof, berig die SAUK. Visser het Maandag gesê Malema se singery van die lied, en die moord op Eugène Terre’Blanche, voormalige leier van die AWB, het Kiratzidis in ‘n “vreeslike emosionele toestand” gelaat. Die drie het beplan om huise van leiers van die ANC, busse wat swartmense vervoer en informele nedersettings op te blaas. Hulle is op alle aanklagte skuldig bevind, insluitend sameswering om aan terroriste-aktiwiteite deel te neem, die onwettige vervaardiging en besit van springstof, en onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marlene ·

As hierdie mense dan REGSE TERRORISTE IS soos wat julle hier beweer (Wat na my mening ‘n bitter swak opskrif is), dan is die HELE ANC EN LIBERALISTE OORTUIGEND LINKSE TERRORISTE. Waarom word regses wat hul vryheid soek uitgemaak as terroriste? Dit is glad nie verbasend as mense so begin optree nie. The system of the ANC goverment made them to think this way. De hel met die ANC regering en die sogenaamde reenboognasie en al die stront van versoening en regstelling. Se gat man ! Daar is ‘n groot aantal mense (BOERE) (nie landbouers nie) wat hul internasionale reg tot vryheid opeis, maar die regering van die dag doen absoluut niks om hul by te staan soos wat hulle veronderstel is om te doen nie. NOU NOEM JULLE HIERDIE MENSE TERRORISTE, IS JULLE FLIPPEN BLIND ? KYK NA DIE REGERING EN DAN SIEN JULLE TERRORISTE.JULLE SAL HUL NATUURLIK VIR POLITIEKE KORREKTHEID VRYHEIDSVEGTERS NOEM.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.