ʼn Regsgeleerde het Vrydag in verband met ʼn internasionale kinderpornografie-sindikaat in die Lichtenburg-landdroshof verskyn.
“Die saak is tot 4 April vir die verhoor uitgestel,” het lt.gen. Solomon Makgale, woordvoerder van die polisie, gesê.
Die 54-jarige man word van die oortreding van die Wet op Films en Publikasies aangekla. Hy is een van ses mans wat in vier provinsies vir hul beweerde betrokkenheid by die sindikaat in hegtenis geneem is. ʼn Laerskoolhoof, wat intussen afgedank is, en ʼn sakeman van Potchefstroom is ook, onder andere, in hegtenis geneem.
ʼn Kanadese organisasie het die sindikaat oopgevlek. Die Suid-Afrikaners is in hegtenis geneem ná ʼn jaarlange ondersoek deur Interpol en die polisie se kubermisdaadeenheid.
Dit is nog nie duidelik of Suid-Afrikaanse kinders in die vervaardiging van die pornografie gebruik is nie.
Waarom skuil agter jou hande, laat ons sien hoe lyk jy. GEMORS!
Ons leef in n sieklike samelewing. Boosheid ken geen perke nie!
Die gemeenskappe se hooggere klieke.