Regsgeleerde in hof oor kinderporno

Een van die ses verdagtes wat in Oktober 2013 in die Randburgse landdroshof verskyn het in verband met 'n vermeende kinderpornografie-sindikaat wat die polisie oopgevlek het Foto: Werner Beukes, SAPA

Een van die ses verdagtes wat in Oktober 2013 in die Randburgse landdroshof verskyn het in verband met ‘n vermeende kinderpornografie-sindikaat wat die polisie oopgevlek het Foto: Werner Beukes, SAPA

ʼn Regsgeleerde het Vrydag in verband met ʼn internasionale kinderpornografie-sindikaat in die Lichtenburg-landdroshof verskyn.

“Die saak is tot 4 April vir die verhoor uitgestel,” het lt.gen. Solomon Makgale, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die 54-jarige man word van die oortreding van die Wet op Films en Publikasies aangekla. Hy is een van ses mans wat in vier provinsies vir hul beweerde betrokkenheid by die sindikaat in hegtenis geneem is. ʼn Laerskoolhoof, wat intussen afgedank is, en ʼn sakeman van Potchefstroom is ook, onder andere, in hegtenis geneem.

ʼn Kanadese organisasie het die sindikaat oopgevlek. Die Suid-Afrikaners is in hegtenis geneem ná ʼn jaarlange ondersoek deur Interpol en die polisie se kubermisdaadeenheid.

Dit is nog nie duidelik of Suid-Afrikaanse kinders in die vervaardiging van die pornografie gebruik is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Laetitia ·

Ons leef in n sieklike samelewing. Boosheid ken geen perke nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.