Regstellende aksie: DKD sal sy beleid hersien

Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit.

Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit.

Die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD) gaan die manier waarop hy die Wet op Gelyke Indiensneming toepas, hersien en sal samesprekings met georganiseerde arbeid en ander staatsdepartemente voer om seker te maak hy gehoorsaam die bevel van regter Hilary Rabkin-Naicker.

Regter Rabkin-Naicker het gisteroggend in tien lede van die vakbond Solidariteit se guns beslis en gesê dat dit onbillik is om die nasionale rassedemografie as die enigste maatstaf vir die toepassing van regstellende aksie te gebruik.

Al tien die lede is weens hul velkleur en die DKD se beleid dat elke werkplek die nasionale rassedemografie van Suid-Afrika moet weerspieël, oorgesien vir bevorderings en poste.

Die uitspraak is uit verskeie oorde verwelkom.

Lees ook:

Solidariteit wen regstelsaak teen DKD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.