Strategypage, die internasionale militêre dinkskrumwebwerf, glo die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) se regstellendeaksiebeleid sal tot hoër vliegtuigongeluk-statistiek lei.
“Selfs met die huidige regstellendeaksiebeleid, verkies swart vlieëniers hoofsaaklik om in die kommersiële sektor te werk, aangesien hulle hier hoër salarisse verdien,” het Strategypage gesê, berig Beeld.
Strategypage, wat militêre sake wêreldwyd ondersoek en analiseer, het gesê hy het die situasie ondersoek nadat die SALM onlangs besluit het om 12 van sy 26 Gripen-vegvliegtuie te stoor weens ʼn onvoldoende weermagbegroting en hoë bedryfskoste.
Strategypage het boonop glo bevind dat ʼn dekade lank van beweerde korrupsie, krimpende begroting en politieke druk om meer swart vlieg- en tegniese personeel aan te stel, die hoofredes is waarom die SALM tans ernstige probleme ondervind. “Meeste ervare vlieëniers, veral vegvlieëniers, het uit die SALM bedank, aangesien hulle nie genoeg kon vlieg nie,” het Strategypage gesê. “Talle van die vlieëniers wat aangebly het, is vlieëniers omdat hulle onder die kwotastelsel aangestel is.”
– Sapa
Strategypage moet nie vergeet dat dit alles Apartheid se skuld is nie en al maak die Regstellende Kaders nou ‘n ongelukkie of twee waaroor kommer hulle hulle oor ‘n paar lewens en ‘n biljoen of so se verlies, die belastingbetaler sal mos regmaak.