Regstellende koffie vir Vryheidsdag

AfriForum Jeug Tukkies gaan vandag Vryheidsdag herdenk deur die impak van rasseklassifikasie op die Universiteit van Pretoria uit te beeld deur koffie aan wit studente vir R5 te verkoop, terwyl bruin en Indiërstudente R3 en swart studente R1 per koppie sal betaal.

ANC-ondersteuners sal verniet koffie kry mits hulle ‘n donasie in die korrupsieboks gooi. “19 jaar nadat Suid-Afrika oënskynlik vrygemaak is van rasseklassifikasie word studente aan die UP steeds volgens ras gekeur. Studente wil vry wees van rasseklassifikasie en hierdie aksie is ‘n manier om uit te beeld hoe belaglik dit is om op grond van ras voorkeur te geniet,” het Barend Taute, voorsitter van AfriForum Jeug Tukkies, gesê.

Volgens Taute is dit ‘n uitbeelding van regstellende aksie se werklike impak op studente. “Studente aan die UP is moeg daarvoor dat daar teen hulle gediskrimineer word op grond van hulle ras,” sê Taute. Die veldtog is ‘n voortsetting van ‘n referendum aan die UP wat onlangs getoon het dat 97% van studente die afskaffing van rasseklassifikasie ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.