Sedert die uitbreek van Covid-19 in Suid-Afrika en die gevolglike inperkingsregulasies wat ingestel is, moes skole noodgedwonge nuwe maniere van onderrig ontwikkel om te verseker die akademiese jaar gaan voort, al word kontakonderrig nie toegelaat nie. Die heropening van skole is weereens in die nuwe jaar met twee weke vertraag en dit word nou duidelik dat onderwysers hulself al meer op aanlyn leer sal moet toespits.
Maar hoe doeltreffend is dié manier van leer en is dit ʼn werkbare oplossing vir die dilemmas wat die onderwysstelsel tans in die gesig staar?
Elaine Krige, Maroela Media se nuusredakteur, gesels met kenners op dié gebied. Haar gaste sluit in Valentyn van der Merwe, hoof van innovasie by die SOS, Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia, en Jannie Raath, skoolhoof van Laerskool Hennopspark.
Volg die regstreekse gesprek net hier om 14:00 op Dinsdag 26 Januarie. Die gesprek kan ook gevolg word op Maroela Media en SOS se sosialemediaplatforms. Die video sal ook onderaan hierdie artikel beskikbaar wees.