Regstreekse gesprek: Groen ligte en gevaarligte van die entstofpas

 enstofpas-01.jpgDie departement van gesondheid het verlede week gesê hulle oorweeg entstofpasse vir diegene wat die Covid-19‑entstof ontvang het, om hulle in staat te stel om kultuur‑ en sportgeleenthede en ander openbare byeenkomste by te woon. Lande in Europa doen dit reeds en groot versekeraars soos Discovery het al aangedui dat lede heelwat voordeel sal trek indien hulle ingeënt is.

In dieselfde asem sê die regering dit sal onbillik wees om inentings verpligtend vir Suid-Afrikaners te maak. Maar is hierdie nie tog ʼn vorm van indirekte druk nie? Tot watter mate word Suid-Afrikaners se vryheid onderdruk indien hulle by ʼn openbare ruimte verbied word omdat hulle nie ingeënt is nie? En wat is die gevolge vir plekke soos restaurante, wat reeds soveel besigheid tydens die inperking verloor het en nie nóg kliënte wil verloor omdat hulle nie ingeënt is nie?

Ander redeneer weer dis ʼn goeie aansporing vir mense om ingeënt te word, want hoe meer laat inent, hoe groter is die kans dat die pandemie beëindig kan word.

Paul Maritz gesels met Hermann Pretorius, direkteur van die Freedom Advocacy Network (FAN), Piet Mouton, hoof- uitvoerende beampte van PSG en Morné Malan, Solidariteit se strategiese spesialis by navorsing en kommunikasie.

Volg die regstreekse uitsending op Maroela Media se Facebook-blad Donderdag 16 September om 14:00. Die video sal ook onderaan dié artikel beskikbaar wees.

Regstreekse gesprek: Groenlig en gevaarligte van entstofpasse

Die departement van gesondheid het verlede week gesê hulle oorweeg entstofpasse vir dié wat die Covid-19 entstof ontvang het, om hulle in staat te stel om kultuur –en sportgeleenthede en ander openbare byeenkomste by te woon. Lande in Europa doen dit reeds en groot versekeraars soos Discovery het al aangedui dat lede heelwat voordeel sal trek indien hulle ingeënt is. In dieselfde asem sê die regering dit sal onbillik wees om inentings verpligtend vir Suid-Afrikaners te maak. Maar is hierdie nie tog ‘n vorm van indirekte druk nie? Tot watter mate word Suid-Afrikaners se vryheid onderdruk indien hulle van ‘n openbare ruimte verbied word omdat hulle nie ingeënt is nie? En wat is die gevolge vir plekke soos restaurante, wat reeds soveel besigheid tydens die inperking verloor het en nie nóg kliënte wil verloor omdat hulle nie ingeënt is nie? Ander redeneer weer dis ‘n goeie aansporing vir mense om ingeënt te word, want hoe meer ent, hoe groter is die kans dat die pandemie beëindig kan word.Maak jy in dié tyd staat op Maroela vir betroubare, gebalanseerde nuus en gesprekke wat jou ingelig hou soos hierdie een? Maak 'n finansiële bydrae om Maroela te help om hiermee vol te hou. Besoek https://maroelamedia.co.za/donasies/ om meer te lees oor hoe jy Maroela kan ondersteun.

Posted by Maroela Media on Thursday, September 16, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.