Regstreekse gesprek: Hier is jou skietgoed teen wysigings aan die vuurwapenwet

Die voorgestelde wysigings aan die Vuurwapenbeheerwet is op 19 Mei 2021 vir kommentaar in die Staatskoerant gepubliseer en bepaal dat selfverdediging glad nie meer aangevoer kan word as ʼn rede waarom jy ’n vuurwapen wil besit nie. Daar is ook verskeie wysigings aan die bepalings vir die lisensiëring van wapens vir jag- en sportdoeleindes gemaak.

Dié wysigings het wydverspreide kritiek en ontevredenheid ontlok, veral in die lig van die polisie se onbevoegdheid om misdaad te bekamp.

Maroela Media se nuusredakteur, Elaine Krige, gesels regstreeks met dr. Herman Els, uitvoerende voorsitter van Natshoot (NHSA), Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai sowel as met Ian Cameron, stigter van Firearms.co.za en hoof van mediaskakeling by #SafeCitizen.

Volg die regstreekse uitsending oor hoe Suid-Afrikaners dié drakoniese wetgewing kan beveg op op Maroela Media se Facebook-blad op Maandag 28 Junie om 14:00. Die video sal ook onderaan dié artikel beskikbaar wees.

Hier is jou skietgoed om die wysigings aan die wapenwet te beveg

Die voorgestelde wysigings aan die Vuurwapenbeheerwet is op 19 Mei 2021 vir kommentaar in die Staatskoerant gepubliseer en bepaal dat selfverdediging glad nie meer aangevoer kan word as ʼn rede waarom jy ’n vuurwapen wil besit nie. Daar is ook verskeie wysigings aan die bepalings vir die lisensiëring van wapens vir jag –en sportdoeleindes gemaak.Dié wysigings het wydverspreide kritiek en ontevredenheid ontlok, veral in die lig van die polisie se eie onbevoegdheid om misdaad te bekamp.Maroela gesels met Ian Cameron, dr. Herman Els en Francois Rossouw oor hoe Suid-Afrikaners dié drakoniese wetgewing kan beveg. Maak jy in dié tyd staat op Maroela vir betroubare, gebalanseerde nuus en gesprekke wat jou ingelig hou soos hierdie een? Maak 'n finansiële bydrae om Maroela te help om hiermee vol te hou. Besoek https://maroelamedia.co.za/donasies/ om meer te lees oor hoe jy Maroela kan ondersteun.

Posted by Maroela Media on Monday, June 28, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.