Die regering se entstofplan het in Februarie afgeskop en duisende gesondheidswerkers is reeds ingeënt. Die regering sê boonop dat miljoene dosisse entstof binne die volgende paar maande in Suid-Afrika verwag word.
Tog is baie Suid-Afrikaners nog onseker daaroor of die entstof veilig is, wat dit bevat en of hulle gedwing sal kan word om dit te ontvang. Daar bestaan boonop groot twyfel oor die regering se vermoë om die entstof doeltreffend aan te skaf en te versprei.
Maroela Media vra ʼn paar kenners om lig te werp op dié kwessies.
Elaine Krige gesels regstreeks oor dié en ander kwelvrae met dr. Cloete van Vuuren, spesialis internis en ook spesialis in oordraagbare siektes, Connie Mulder, hoof van Solidariteit Navorsingsinstituut, en Andrew Richards, hoof van die navorsingsdepartement by INcontext International.
Volg die regstreekse uitsending van dié gesprek Dinsdag 16 Maart om 14:00 op Maroela Media se Facebook-blad. Die video sal ook onderaan dié artikel beskikbaar wees.